Die Brandysters
Die vlekvrye staal brandystertjies kan maklik en vinnig warm gemaak word met n ligte gas vlam of selfs n kers. Permanente merk penne verdwyn met tyd as gevolg van weerstoestande en wrywing van die vee. Burntag brandysters laat n duidelike impressie op die plastiek oorplaatjies wat in gekleur kan word met n permanente merk pen.
Die olie en natuurlike vette van die vee se vel, asook stof versamel mettertyd in die brand merke wat die identifikasie meer duideliker maak.
14mm skaap & bok
Die 14mm alfabet en nommers is ideaal vir skaap en bok oorplaatjies. Die nommers is beskikbaar in n stel van 0 - 8 en die alfabet is beskikbaar in n stel van a -z. Individuele karakters is ook beskikbaar.
30mm bees
Die 30mm alfabet en nommers is ideaal vir beeste en wild oorplaatjies. Die nommers is beskikbaar in n stel van 0 - 8 en die alfabet is beskikbaar in n stel van a -z. Individuele karakters is ook beskikbaar.
40mm wild
Die 40mm alfabet en nommers is hoofsaaklik vir die gebruik op wild oorplaatjies. Die nommers is beskikbaar in n stel van 0 - 8 en die alfabet is beskikbaar in n stel van a -z. Individuele karakters is ook beskikbaar.
